In the media

Lace-diamantmyn produseer weer in 2015

26 August 2013

Source: Beeld.com

Author: Molly Green

DiamondCorp het R220 miljoen by die Nywerheidsontwikkelingskorporasie (NOK) geleen vir die ondergrondse ontwikkeling van die myn en om myntoerusting te koop. Die eerste R30 miljoen is reeds oorbetaal.
 
DiamondCorp moet self R100 miljoen verskaf vir die ontwikkeling van die myn en het daarom omskepbare effekte van R59 miljoen in Suid-Afrika uitgereik en R54 miljoen by die diamant-groothandelaar Tiffany geleen.
 
Die Dale Lace-familie van Johannesburg het die myn in 1901 begin en dit in 1908 aan Crown Diamond and Exploration Company van Engeland verkoop, wat dit tot 1931 bedryf het. Tussen 1901 en 1931 is dit tot op ’n diepte van 240 m gedelf. Met die Groot Depressie in die 1930’s is die myn gesluit.
 
In Februarie 2009 het DiamandCorp die mynregte bekom en sal tot op ’n diepte van 470 m delf.
Die mikpunt is om in die eerste tien jaar 300 000 karaat diamante per jaar te ontgin. Loudon sê die myn het die potensiaal om 500 000 karaat per jaar te lewer wanneer hoërgraad-seksies op dieper vlakke ontgin word.
 
Die verwerkingsaanleg is reeds aan die werk en herwin diamante uit die uitskothope van die oorspronklike mynbou-bedrywighede. Die eerste pakket van 5 000 karaat diamante word in Oktober verkoop.
 
Die myn sal self sy finansiële sake bestuur, wat heelwat geld sal bespaar, sê Loudon.
DiamondCorp is op die JSE en die Londense aandelebeurs genoteer. DiamondCorp is tevrede met die pryse van ongeslypte diamante. “As jy nie geld kan maak teen dié pryse nie, het jy nie ’n uitvoerbare projek nie.”
 
Loudon glo op lang termyn is die diamantbedryf fundamenteel sterk en die vraag sal bly groei.
Die lewensverwagting van die myn is sowat 25 jaar en wanneer dit in volle produksie is, sal hy sowat 300 werkers hê.
 
In 2008 is die Voorspoedmyn van De Beers ook ná byna ’n eeu weer in bedryf gestel.
 
In 2012 het hy 611 000 karaat gelewer wat tot ’n verwagte 800 000 karaat verhoog sal word.

Useful links

Mining news links sites

Mineweb
Mineweb is a web-based international mining publication focusing on mining financial and corporate news and comment.
www.mineweb.com
Miningmx
Miningmx is a new online mining media enterprise, a publication held in joint venture with Finance Week, a business unit of Media 24 which is, in turn, a division of South Africa’s largest media group, the US-listed Naspers Limited.
www.miningmx.com
Minesite
Informed comments and independent mining news.
www.minesite.com
Resource Investor
Resource Investor provides unique independent news, analysis, commentary and analytics on the sectors with the goal of empowering readers with information.
www.resourceinvestor.com



© 2017 – DiamondCorp Plc  |  Register for alerts |Glossary | Sitemap | Disclaimer
Produced by: Russell & Associates